|
|
|
Pretorius se komrnando, hiema bekend as die Wenkommando, het Dingaan se mag gebreek sonder om
hom finaal te verslaan.
Dingaan het na noord-Zoeloeland getrek en daar probeer om 'n nuwe Umgungundlovo op die walle van die Vunarivier aan te le. Daarvandaan het hy met die Trekkers onderhandel deur bemiddeling van Kaptein Henry Jervis, bevelvoerder 'n klein Britse leer wat uit die Kaap na Port Natal gestuur is om vrede te handhaaf .As 'n direkte gevolg van hierdie onderhandelings het Dingaan ingestem om 19000 stuks grootvee sowel as perde, gewere, skape en gesteelde goedere aan die Trekkers terug te gee. Hy het ook ingestem om die Tugelarivier as die grens tussen Natal en Zoeloeland te erken. 'n Eerste paaiement van 1300 stuks grootvee, 400 skape, 52 gewere en 43 saals, is afgelewer maar toe het daar weer moeilikheid ontstaan. 'n Jonger halfbroer van Dingaan, Mapnde, het uit Zoeloeland gevlug vir sy lewe. Hy het by die Trekkers gaan skuil en is deur hulle aangeneem as bondgenoot en leier van die Zoeloes wat van Dingaan weggevlug het.
Dingaan het nie weer 'n poging aangewend om die res van die gesteelde vee terug te stuur nie en die Trekkers het geweet dat daar nooit veiligheid in Natal sou wees solank as die moordenaar van Retief en die ander Voortrekkers op vrye voet was nie. Mpande het die Trekkers beindruk as 'n intelligente en goedgeaarde individu. Hy het duisende volgelinge in Zoeloeland gehad en wou daarheen opruk om kragte met Dingaan te meet. Die Trekkers het besluit om horn te ondersteun. Op 21 Januarie 1840 het 'n kommando van 350 man onder Andries Pretorius vergesel na Zoeloeland. 'n Leer van Mpande se volgelinge het terselfdertyd Zoeloeland van die kus af ingeval. Dit was hierdie leer wat op die 30ste Januarie teen Dingaan se volgelinge te staan gekom het. 'n Bloedige geveg het op 'n hoe bergrug bokant die Mkhuzerivier plaasgevind. Dingaan se manne was aan die wenkant toe 'n gerug versprei het dat die Trekkers aan die opruk was. Dit was een te veel vir Dingaan se soldate en hulle het op die vlug geslaan.
Mpande het die nuwe koning van die Zoeloes geword en 'n goeie vriend en bondgenoot van die Voortrekkers gebly. Dingaan het na die kruin van die Lubombo-gebergte gevlug waar hy gehoop het om by die Nyawo-stam veiligheid te vind. Hy is egter doodgesteek deur mense wat sy reputasie gevrees het. Die stapel klippe wat sy graf aandui kan vandag nog daar gesien word.
Groot moeilikhede het nog vir die jong republiek gewag, maar die Groot Trek van die Voortrekkers was
vir eers agter die rug.
|