ANDRIES PRETORIUS EN BLOEDRIVIER

Met Potgieter weg, Retief en Uys dood, en Maritz ernstig siek, was die Trekkers op hierdie laagtepunt in hullewe ook nog sonder 'n leier. Karel Landman het voorlopig die leierskap oorgeneem en hy het dadelik voorbereidings begin tref vir enige moontlike verdere Zoeloe-aanvalle, sowel as om Dingaan op sy plek te sit.

'n Dringende beroep is op die boere in die Kaap gedoen om hulp en versterkings te stuur. Landman het intussen na Port Natal gery om die toestand met die Britse jagters en handelaars daar te bespreek. Hulle het besluit om hul lot onvoorwaardelik by die Trekkers in te werp. Daarna was Port Natal deel van wat van toe af bekend was as die Verenigde Laer, met Alexander Biggar, een van die handelaars, aangestel as landdros.

Aan die voet van die Drakensberge is twee versterkte Trekkerskampe gestig, die een bekend as Maritzlaer aan die bo-Tugela ; die ander as Gatslaer aan die bo-Boesmanrivier. Al die Natal-Trekkers was in hierdie twee kampe saamgetrek, altesaam omtrent 640 man, 3200 vroue en kinders, 1260 bediendes en die vee, omtrent 300000 skape, 40000 beeste en 3000 perde.

Die Trekkers was gedurig op hul hoede want hulle het weer 'n Zoeloe-aanval verwag. Dingaan het egter blykbaar sy tyd afgewag en gehoop dat die rampe die Trekkers so sou ontmoedig dat hulle' Natal sou verlaat.

Gedurende Augustus 1838 het Dingaan 'n paar regimente gestuur om uit te vind wat die Trekkers doen. Hulle het die Gatslaer in helder daglig bereik en omsingel, die gewere wat in vorige gevegte gebuit is, op die Trekkers afgevuur, maar self onder die Trekkers se vuur uitgebly.

Een Trekker, Hans Froneman, is 'n entjie van die kamp af deur die Zoeloes verras. Hy het in 'n waterpoel geduik en onder die drywende grasse probeer skuil maar die krygsmanne het hom gekry en met assegaaie deurboor. Die res van die dag het die Zoeloes net Trekkervee bymekaar gemaak, omdat hulle beveel is om nie die waens aan te val nie. Teen sonsondergang het hulle teruggetrek, groot kampvure aangesteek en 'n feesmaal van die gebuite vee gemaak terwyl hulle dwarsdeur die nag gesing, geskree en gedans het.

Die volgende more het die Zoeloes weer die laer bestorm. Hulle het assegaaie, waarom brandende gras gedraai was, in die laer gegooi en die veld rondom die laer aan die brand gesteek. Die Trekkers moes die hele dag spook om die vure geblus te kry. Teen die aand het die Zoeloes teruggetrek met groot troppe vee en die Trekkers hulpeloos agtergelaat.

Hierdie nuwe terugslag het die moraal van die Trekkers 'n geweldige knou gegee. Die waens van die Gatslaer is na die sterker Maritzlaer en nader aan die bergpasse verskuif, ingeval hulle finaal sou moes terugval.

Dit was asof alles vir die Trekkers verkeerd geloop het, en toe Gerrit Maritz, die laaste van hul oorspronklike leiers, op 23 September na 'n lang siekbed sterf, was hulle in moedeloosheid gedompel.

Sommige persone het reeds begin terugtrek na die groot vlaktes maar die vasberade vroue het geweier om die beloofde land te verlaat sonder dat die dood van hul geliefdes gewreek is.

Versterkings het Natal bereik met sulke manne soos Jacobus Boshoff, die klerk van die Burgerlike Kommissaris van Graaff-Reinet. Hy het 'n deeglike konstitusie opgetrek vir die toekomstige republiek. Ander ewe vasberade manne het terreine uitgesoek vir toekomstige stede insluitende 'n hoofstad wat Pietermaritzburg sou heet ter nagedagtenis aan hul twee leiers, Pieter Retief en Gerrit Maritz.

Op 28 November het 'n groot, opgewekte man vol selfvertroue die kamp binnegery .Hy was Andries Pretorius wat met sestig volgelinge en 'n brons kanon, uit die distrik van Graaff-Reinet aangekom het waar hy 'n voorspoedige boer was. Hy het die nuwe Kommandant-Generaal van die Trekkers geword en onder sy bekwame leierskap is reelings getref vir die finale afrekening met Dingaan.

Vroeg in Desember 1838 het Pretorius gevoel dat die tyd ryp is vir oorlog. Met 464 volgelinge het hy die veiligheid van die kamp verlaat en koers gekies na Umgungundlovu. Hierdie keer was die kommando vergesel van genoeg waens om 'n laer te kan vorm. Met teenstrydige gedagtes het die manne aangery , op pad om die magtigste en bes-aangevoerde swart mag in die hele Afrika aan te val.

Pretorius en Sarel Celliers, die vernaamste geestelike leier van die Trekkers, het die saak tussen hulle bespreek. Dit wou vir hulle voorkom asof die manne die versekering nodig gehad het dat God met hulle was en hulle sou bystaan, al was die oormag hoe oorweldigend. Om hierdie rede en vanwee sy eie diep Godsdienstige oortuigings, het Sarel Celliers op die aand van 7 Desember die manne ontbied om rondom die brons kanon te vergader. Gedurende sy besielende preek het hy die volgende heilige gelofte aan die Allerhoogste afgele:

"My broers en mede landgenote, hier staan ons voor 'n Heilige God van hemel en aarde om 'n gelofte aan Horn te beloof, as Hy met Sy beskerming met ons sal wees en ons vyand in ons hand sal gee, dat ons die dag en datum elke jaar as 'n dankdag soos 'n Sabbat sal deurbring en dat ons 'n tempel tot Sy eer sal oprig waar dit Horn sal behaag en dat ons dit ook aan ons kinders sal se dat hulle met ons daarin moet deel tot gedagtenis ook vir ons opkomend'e geslagte want die eer van Sy naam sal daardeur verheerlik word dat die roem en die eer van die oorwinning aan Horn gegee sal word."

Die volgende dag is hulle verder, soms in druk gesprek met mekaar, soms met die sing van gesange, maar altyd deur met 'n gebed in hulle harte.

Slegs 'n paar klein voorvalletjies het hulle aandag van die stryd wat voorle, afgetrek. In 'n bergpas het die kar van Alexander Biggar, een van die handelaars uit Port Natal, in 'n moeras beland en omgeslaan. Daardie deel van die berg is van toe af Biggarsberg genoem.

 

Pretorius het sy manne met groot versigtigheid gelei, bewus van die feit dat hulle deur die Zoeloe-spioene dopgehou word vandat hulle die kamp verlaat het, en dat Dingaan se leer aan die opmars was.

Op 15 Desember het die kommando 'n klein riviertjie bereik wat onder die Zoeloes as Ncome (die lofwaardige een) bekend was vanwee die standhoudende water en groen oewers. Pretorius se verkenners het 'n groot Zoeloe-leer gesien en hy het dadelik na 'n geskikte oorlogsveld gesoek. Die Voorsienigheid kon horn nie na 'n geskikter plek as juis hierdie een gelei het nie.

Die rivier het hier oor 'n grasbegroeide maar oop vlakte gevloei met slegs 'n paar koppies daar naby. Op die oog af het die terrein plat en onskuldig gelyk, maar in werklikheid was daar diep slote en watergate wat die Zoeloemagte in hulle stormloop sou kortwiek.

Die plek wat Pretorius vir sy kamp uitgesoek het, was gelee op 'n V-vormige stuk grond met die diep rivier aan die een kant en 'n donga met regaf walle wat in die rivier uitmond, aan die ander kant. Op hierdie stuk grond het die Trekkers hul waens in 'n halfmaanvorm tussen die rivier en die donga opgestel. Hulle het die laer vir die nag beveilig deur lang lere, waaroor velle gespan was, van wawiel tot wawiel aan te bring en hope kruit en patrone in gereedheid te bring.



Teen dagbreek op 16 Desember 1838 het die Zoeloe-leer die Trekkerkamp bestorm. Tiendui send krygsmanne, ge tooi in hul velle en vere, en gewapen met skilde en assegaaie, het met hulle offisiere vooraan op die laer afgestorm, terwyl Ndela, die bevelvoer der, bevele skree van af 'n strategiese plek. Driekeer het hulle probeer om die hard nekkige klein laer te oorrompel, maar elke keer is hulle teruggedryf deur die kanonvuur van ou Grietjie en die koels van die Trekkers.

 

Dit was 'n woeste more met, soos Sarel Celliers dit later beskryf het, " 'n Geweldige geskree en lawaai en geweeklaag en 'n see van swart gesigte en digte rookwolke wat loodreg van die grond af opgestyg het."

Drieduisend Zoeloes het in die aanvalle gesterf. Die Trekkers kon sien en hoor hoe die bevelvoerder sy manne probeer aanmoedig, maar hulle was nie meer Ius vir veg nie. Die donga, die rivier en die grond rondom die waens was met Zoeloelyke en ge wondes besaai.

 

Toe die Zoeloes die aftog blaas, het die Trekkers hulle te perd agternagesit en verder op die v lug gejaag. So baie Zoeloes het gesterf dat die water rooi was van hulle bloed, vandaar die naam Bloedrivier .

Daardie aand het die Trekkers hul oorwinning gevier. Slegs vier Trekkers, insluitende Pretorius self, is gewond. Hulle het die Here gedank, lofliedere gesing, en tot laat in die nag persoonlike ervarings aan mekaar vertel.

Die volgende dag het hulle die laer afgehreek en nadat hulle 'n stapel klippe gepak het om die plek van die geveg aan te dui, is hule verder na Umgungundlovu. Hulle het dit op die 20ste Desember bereik, maar die stat met sy 2000 hutte was verlate en Dingaan se persoonlike verblyfplek het in ligte laaie gestaan.

Die Trekkers het daar naby kamp opgeslaan en die gehied gefynkam. Op die heuwel van teregstelling het hulle die lyke van Retief en sy mense gekry .Die liggame was nog gekleed en in Retief se skouersak was die verdrag wat deur Dingaan onderteken was en waarin Natal aan die Trekkers afgestaan is. Om 'n gemeenskaplike graf vir die stoflike oorskot van hul mense te grawe, was vir hierdie manne 'n pynlike taak. Oorstelp van smart het die Trekkers hu1 soektog na Dingaan en die Zoeloes voortgesit.

Dit het gelyk asof die land totaal verlate was. Niemand het geweet waar die Zoeloekoning heen is nie. Die verkenners wat uitgestuur is, het egter 'n Zoeloe met die naam vari Bongoza gevang. Hy het vertel dat Dingaan ver noord van die Wit-Mfolozirivier gevlug het en dat die leer ontbind is. A1 die vee wat van die Trekkers gebuit is, is versteek in die vallei van die Wit-Mfolozi, het hy hulle meegedeel. Hy het ook aangebied om die Trekkers na die vee te neem.

Pretorius was egter onrustig. Hy en sy manne wou die gesteelde vee graag terugkry , maar die Zoeloemag was nog net half pad gebreek. Indien hulle in die nabyheid geskuil het, kon Bongoza hulle in 'n lokvallei. Pretorius het 'n paar dae lank geweifel terwyl sy verkenners gesoek het na die Zoeloes.

Op 26 Desember het die Trekkers hul kamp verskuif na die kruin van 'n rantjie bekend as Mthonjaneni (plek van klein fonteintjies) vanwaar die Zoeloekonings altyd hul vars drinkwater gekry het. Hiervandaan kon hulle groot troppe vee in die vallei van die Wit-Mfolozi sien. Nog steeds was daar egter geen teken van die Zoeloes nie.

Die begeerte om hul vee terug te kry was te sterk. Vroeg die more van die 27ste het 300 man, bygestaan deur 75 inboorlinge uit Natal wat aangevoer is deur Alexander Biggar, afgesit om die vee te gaan haal. Karel Landman was in bevel terwyl Pretorius en 160 man in die kamp agtergebly het.

Bongoza het hulle van die hoogtes af gelei na die wilde vallei van die oPathe- stroom. Die pad was byna onbegaanbaar vir die perde. Skielik het 'n horde Zoeloekrygsmanne, wat al die tyd tussen 'n groot trop beeste geskuil het, voor hulle opgedoem. Bongoza het stilletjies weggesluip, sy taak om die Trekkers in 'n lokval te lei so suksesvol afgehandel dat die Zoeloes van toe af gese het: "Dink jy ek is Bongoza ?" as hulle van verraad beskuldig is.

Al hoe meer Zoeloes het agter die Trekkers te voorskyn gekom en hulle pad terug kamp toe, afgesny. Landman en Hans de Lange, die beroemde jagter, wat tweede in bevel was, moes haastig kajuitraad hou. Die Zoeloes het oenskynlik verwag dat hulle hul pad terug kamp toe sou oopveg. In so 'n geval sou 'n neerlaag vir die Trekkers onvermydelik gewees het, en hulle het daarom besluit om aan te hou, vallei af.

Die Zoeloes was verplig om die Trekkers te agtervolg en sommer so in die hardloop het 'n geveg ontstaan. Eindelik bet die Trekkers die Wit-Mfolozi bereik - met perde en al deurgeswem. Klompies Zoeloes bet gedurig vanagter opgeduik en probeer om bulle voor te keer. Al vegtende is bulle teen die linkerwal van die rivier uit, tussen groot troppe vee deur wat die reuk van bul eienaars herken het en agter die vlugtende Trekkers aangestorm bet.

Verder die rivier op het die Trekkers 'n oorgang gevind waar hulle met moeite deur die rivier kon kom. Ses blankes, insluitende Alexander Biggar en van sy inboor- ling-volgelinge, het hier gesterf. Na 'n nagmerrierit het die oorlewendes by Pretorius se kamp aangekom. Daar het hulle drie dae gerus sonder om weer kontak met die Zoeloes te maak. Om trent 5,000 stuks vee het agter hulle aangekom en hulle het besluit om met hierdie vee terug te keer. Omdat Dingaan se stat reeds verwoes was, het die Trekkers hulle weer vroeg in die nuwejaar by die hoofkamp onder die Drakensberge gaan aansluit.