INLEIDING

 

Geen avontuurverhaal kan ooit naastenby die geskiedenis van Suidelike Afrika ewenaar nie. Dit is 'n bruisende, rustelose verhaal van avontuur; 'n magtige menslike drama wat afgespeel is deur 'n ongelooflike verskeidenheid van karakters. Die roerendste hoofstuk is seker die oor die Groot Trek.

Om die Groot Trek te verstaan en ook die redes wat so baie mense beweeg het om die ou Kaapkolonie, hul plase, besighede en gevestigde lewenswyse te verlaat en noordwaarts, as Voortrekkers, die wildernis in te gaan, moet ons teruggaan na die vroee I830's. Dit was 'n tydperk van groot onrus en getwis aan die Kaap en in Brittanje.

In die Kaap het die wit setlaars, hoofsaaklik vanuit Brinanje, Nederland en Frankryk, hul grondbesit noordwaarts uitgebrei en swart setlaars teegekom wat suidwaarts getrek het. Die Visrivier in die Oos- Kaap het die grens gevorm tussen die twee groepe en dit was 'n plek van onvermydelike wrywing. Aanrandings, veediefstal, strooptogte en moord was aan die orde van die dag. Lewe op die grens was hard en gevaarlik en die atmosfeer was altyd benouend met gerugte dat primi tiewe hordes suidwaarts beweeg om alles uit te wis en te verower.

In tye soos die het die mense van die Kaapkolonie na hul regering opgesien om leiding en beskerming. Ongelukkig was dit 'n tydperk van groot verwarring en onsekerheid in Brinanje. Die een Kaapse Goewerneur na die ander was onderhewig aan politieke druk en wispelturige beleidsveranderings van owerhede wat, verweg in Europa, slegs 'n verwarde beeld gehad het van gebeure in Suid-Afrika.

Die amptelike beleid in verband met die grensstamme was ook nie konsekwent of duidelik nie.

Dit was die tyd van die afskaffing van slawerny. Die Britte, wat nog altyd van die mees aktiewe volke in die slawehandel was, was ook die eerste om die euwel van hierdie stelsel in te sien. Hulle het die voortou geneem in die wereldwye beweging vir die beeindiging van slawerny en die ideaal om die barbare tot die Christendom te bekeer. In 'n hewige opbruising van emosies het hulle die ou idee dat die primitiewe mense net goed genoeg was om slawe te wees, vervang met die opvatting dat die edele barbaar misbruik word en uit homself geen kwaad kon doen nie. Mense wat nog slawe aangehou het, is van wreedheid beskuldig, en koloniste of setlaars is met agterdog bejeen as onderdrukkers van die edele barbare. Botsings op die grense van die Kaapkolonie is summier bestempel as die skuld van die blankes wat noordwaarts beweeg het, liewer as die skuld van die swartes wat aan die aftrek was na die suide. Agtereenvolgende goewerneurs van die Kaap moes swig voor die bevooroordeelde menings van owerhede wat beinvloed was deur persone wat fondse ingesamel het vir sendingwerk en wat in hul ywer nie altyd omgegee het of hulle die waarheid praat nie, en ook nie geweet het wat die ware toedrag van sake was nie. Met hierdie valse beskuldigings en onsekerheid as agtergrond, is dit nie verbasend nie dat baie van die inwoners van die Kaapkolonie daaraan begin dink het om hul huise te verlaat en na 'n land te trek waar hulle veilig en ongehinderd kon bly. In besonder is beswaar gemaak teen die beleid van gelykstelling van wit en swart binne die kolonie.

Sonder 'n vooropgestelde plan of besondere leier het groepies, families of selfs een-een hul huise begin verlaat. Met die skofte aangepas by die stadig bewegende vee wat gereeld moes wei en water kry , het hierdie uittog noordwaarts beweeg in die algemene rigting van die onbevolkte streke noord van die Oranjerivier, wat bekend was as vrugbaar, gesond en vry om 'n nuwe, gelukkige tuiste in te skep.